Dra tot ons projekte en aksies by
Baie dankie dat jy dit oorweeg om ’n skenking aan AfriForum te maak – enige bedrag is welkom en help ons om ons belangrike werk voort te sit. Ons waardeer dit opreg.
Gebruik GivenGain om ’n maklike, veilige aanlyn skenking te maak:
Dit is veral maklik vir internasionale en plaaslike ondersteuners wat graag ’n eenmalige of herhalende skenking wil maak.
Solidariteit Beweging NOODFONDS
Solidariteit Beweging NOODFONDS
Die Solidariteit Beweging het ‘n noodfonds in die lewe geroep om die maatskaplike nood wat as gevolg van die Covid-19-krisis gaan ontstaan, te verlig.
AfriForum
AfriForum
Skenk geld aan AfriForum om te help verseker dat die Afrikaner as minderheidsgroep vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan.
Taknoodfonds
Taknoodfonds
AfriForum se takke sal skenkings vanuit die gemeenskap gebruik om op plaaslike vlak probleme voortspruitend uit die COVID-19-pandemie aan te spreek.
Beveilig 'n plaas
Beveilig ‘n plaas
Plaasmoorde en plaasaanvalle is nou ’n groter krisis as ooit tevore. Daar was die afgelope ruk ’n toename in plaasaanvalle, en die regering se onmag om iets aan hierdie probleem te doen is duidelik sigbaar.
Krisisfonds
Krisisfonds
Hierdie fonds is daarop gemik om eenmalige krisisse die hoof te bied, byvoorbeeld die Hoërskool Overvaal- of Laerskool Schweizer-Reneke-probleme.
Noodfonds
Noodfonds
Jý kan help deur die noodfonds te ondersteun. Die doel van die fonds is om vrywilligers en organisasies soos die DBV en Cape Wildlife by te staan wat tans hulp en voorraad nodig het om die vernietigende brande te beveg.
Regsfonds
Regsfonds
Die regsfonds stel ons in staat om mense soos Julius Malema en die EFF hof toe te neem, asook om AfriForum se privaatvervolgingseenheid onder leiding van adv. Gerrie Nel te bedryf.
Slagofferondersteuningsfonds
Slagofferondersteuningsfonds
Hierdie fonds is gestig om slagoffers van geweldsmisdaad en plaasaanvalle met berading en ander hulpmiddels by te staan.
Veiligheids-kapitaalfonds
Veiligheids-kapitaalfonds
Hierdie fonds stel ons in staat om ons gemeenskappe te beveilig deur ons buurtwagte van onmisbare hulpmiddels te voorsien en beheerkamers op te rig.
Wilmien Potgieter-fonds
Wilmien Potgieter-fonds
’n Ondersteuningsfonds vir kinderslagoffers van plaasmoorde. Omdat hulle dikwels klein is en nog nie oor die vermoë beskik om hulle gevoelens te verwoord nie, treur hulle in stilte en praat hulle nie oor hulle vrese nie.
Testament-voordeel
Testament-voordeel
Medaljefonds
Medaljefonds
AfriForum het ’n medaljefonds vir die wenners van die Olimpiese en Paralimpiese Spele bekendgestel.
EFT direk aan fonds:
As jy ’n bedrag via EFT aan AfriForum vir een van die fondse wil skenk, kan jy die volgende bankbesonderhede gebruik:
Banknaam: First National Bank
Rekeninghouer: AfriForum NPC
Takkode: 261550
Rekeningnommer: 62349898398
SWIFT-kode: FIRNZAJJ
Verwysing / Reference: (Die fonds se naam).
Vrae wat gereeld voorkom:
Is my skenkingsbesonderhede veilig?
Heeltemal. Die veiligheid en vertroulikheid van jou inligting is ons hoogste prioriteit. Ons gebruik industriestandaard SSL- (secure socket layer) tegnologie om jou inligting te beskerm en ’n veilige omgewing vir aanlyn skenkings te skep. Ons sal jou persoonlike inligting nie aan enigiemand anders verkoop, dit verhandel of deel nie, of e-posse namens ander organisasies aan jou stuur nie. Ons sal jou persoonlike inligting slegs deel as jy ons uitdruklike toestemming gee om dit te doen. Sien ook ons privaatheidsbeleid.
Kan ek ’n artikel 18A-sertifikaat ontvang?
Ja, ’n skenking aan ’n artikel 18A-goedgekeurde organisasie kan van belasbare inkomste afgetrek word. Dit geld slegs vir individue wat belasting in Suid-Afrika betaal.