AfriForum wil gemeenskappe help om hul huishoudelike vullis op ’n gereelde basis te laat verwyder.
Indien jy nie tevrede is met die vullisverwyderingsdiens wat jou munisipaliteit tans lewer nie, sluit aan by hierdie vullisverwyderingsinisiatief en AfriForum laat jou vullis verwyder.
*Slegs beskikbaar in Bloemfontein.
Kostes:
AfriForum-lede: R 163 per huishouding per maand
Nie-lede: R179 per huishouding per maand
* Slegs huishoudelike en tuin vullis word verwyder.
* Die diens is nie beskikbaar vir inwoners in komplekse nie.
* Maksimum van vier sakke per huisgesin per week word verwyder;
Hierby ingesluit:
– volhoubare vullisverwydering een maal per week
– vyftien gratis vullissakke vir gebruik gedurende die maand sal voorsien word
Neem asb. kennis dat nuwe kliënte se vullis vanaf die 1ste van die maand verwyder sal word.