Header Artwork

Kaapstad beraam dat munisipale water teen Maart-Mei 2018 kan opdroog.

AfriForum is besig met ’n strategie wat die Wes-Kaap met die moontlike waterkrisis te help. ’n Projek van dié grootte verg baie insette en die publiek se inkoop. AfriForum gaan doelgerig saam met alle belanghebbendes werk om die watertekort in die Wes-Kaap die hoof te bied.

Hoe ons die waterkrisis in die Kaap kan hanteer:

1) Bemagtig die publiek met korrekte inligting om waterbesparing te bevorder. Kom na vore met innoverende idees oor hoe die waterkrisis getakel kan word.
2) Rig waterpunte op vir wanneer die krane moontlik droogloop. Dié waterpunte moet strategies gelê wees om areas van water te voorsien.
3) Met die publiek se steun kan ons die nodige druk uitoefen om waterinfrastruktuur op te gradeer en watermisbruik spoedig hokslaan.

Help ons om mense van die dringendheid van die saak bewus te maak deur die plasings oor die saak met ander te deel.

Vir interessantheid:

Studie in Australië het bevind dat tot 80% van reënwater deur kreatiewe selfdoenmaniere opgevang kan word.
Maak jou tuin tussen 9:00 en 16:00 nat. In somer benodig gras water elke vyf tot sewe dae.
Gebruik ’n gieter pleks van ’n tuinslang. As jy nie anders kan nie, gebruik ’n aan/af-spuit op jou tuinslang.
Moenie tydens ’n droogte plant nie, want nuutgeplante flora verg baie water. Inheemse plante vereis ook baie minder water as hul uitheemse eweknieë. Gebruik kompos en bas om jou plante sodat die grond langer vogtig te bly. Vang en berg reënwater op vir die tuin. ’n Grasperkwenk: As jy op die grasperk loop en die spriete bons terug, is dit nie nodig om water te gee nie.
Was jou kar met ’n emmer vol water pleks van ’n tuinslang.
Gebruik ’n besem om jou stoep en plaveisel te vee eerder as om dit met die tuinslang af te spuit.
Maak seker jou besproeiing spuit nie op onnodige plekke soos plaveisel, sypaadjies of die straat nie.

Meld ’n waterlek aan:

Ons kan help om “Dag SERO” so lank as moontlik te vermy. Die emmer is in die gemeenskap se hande…

Die tyd vir aksie het aangebreek en die erns van die krisis begin daadwerklik insink. Die eerste prioriteit is nou om alle gevalle van watervermorsing aan te spreek en te bekamp.

Meld enige geval van watervermorsing aan.

Hoe meer water ons kan spaar, hoe beter.

Plek waar water vermors word:

*AfriForum mag u dalk op bogenoemdebesonderhede kontak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN