Header Artwork

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gedetailleerde insette ingedien oor die grondwetlikheid van die Wetsontwerp op die Voorkoming van Haatmisdade en Haatspraak.

Kritiek teen die wetsontwerp sluit in dat dit ’n onregverdige beperking op vryheid van spraak plaas en die definisie van haatspraak só wyd is dat dit bykans enige belediging of aanstootlike opmerking strafbaar maak. Die gevolg hiervan is dat die wet geheel en al onuitvoerbaar sal wees en ’n instrument vir magsmisbruik deur die ANC-regering kan word.

Die wet bepaal dat individue boetes of tronkstraf opgelê kan word as hulle hulself aan haatspraak of -misdade skuldig maak. Die definisie  van haatspraak, soos voorgestel in die wetsontwerp, is egter so wyd, dat ’n belediging van iemand op grond van sy beroep tot drie jaar gevangenisstraf sal lei.

Die noodwendige gevolg van die wetsontwerp sal wees dat uitsoekerige vervolging deur die nasionale vervolgingsgesag toegepas sal word.

Rassisme moet beveg word, maar nie op die manier waarop die ANC dit wil doen nie.

AfriForum sal bykomende insette op hierdie wetsontwerp lewer en berei tans voor om dit in die hof te beveg, sou dit deur die parlement en die president goedgekeur word.

Jy kan help:

1. SMS “rassisme” na 38312 om R10 by te dra tot AfriForum se regsfonds.
2. Vul die vorm hieronder in en maak AfriForum se saak sterker.
3. Deel hierdie blad op sosiale media en moedig jou vriende aan om die veldtog ook te ondersteun.

Hiermee verklaar ek dat ek beswaar aanteken teen die ANC se voorgestelde Wetsontwerp op die Voorkoming van Haatmisdade en Haatspraak:

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN