Header Artwork

Organisasies verenig: Adjunkpresident moet ’n kommissie van ondersoek aanstel

Die burgerregtewaghond AfriForum, die Quaker Peace Centre en die FW de Klerk Stigting het vandag ’n aansoek in die Konstitusionele Hof gebring om Cyril Ramaphosa, Suid-Afrika se adjunkpresident, te gelas om ’n kommissie van ondersoek in te stel om bewerings van staatskaping te ondersoek.

In hul aansoek versoek die organisasies die Hof ook om pres. Jacob Zuma onbevoeg te verklaar om self ’n kommissie van ondersoek in te stel weens ’n konflik van belange soos vervat in artikel 96(2)(b) van die Grondwet.

“AfriForum is van mening dat pres. Zuma ná die bekendmaking van die staatkapingsverslag deur adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, versuim het om ’n kommissie van ondersoek aan te stel omdat daar ’n hoë risiko was om homself en sy medepligtiges bloot te stel of te impliseer. Dit is duidelik dat pres. Zuma se persoonlike belange nie met sy amptelike verantwoordelikhede teenoor die land belyn is nie,” sê Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid.

Taute noem ook dat artikel 90(1) van die Grondwet bepaal dat die adjunkpresident die uitsluitlike mag het om ’n kommissie van ondersoek onder dié omstandighede in te stel. Die adjunkpresident het reeds aangedui dat hy ten gunste van die aanstel van só ’n kommissie is.

“AfriForum sal aanhou om korrupsie te beveg en gelykheid voor die gereg te bevorder. Om Suid-Afrika se goeie naam in ere te herstel, verandering teweeg te bring en korrupsie in die land uit te roei, is dit uiters belangrik dat alle party wat in die staatkapingsverslag geïmpliseer word, ondersoek, vervolg en verantwoordbaar gehou word.”

Die organisasies versoek die Hof voorts om die regering te beveel om die kommissie van ondersoek van alle logistiese ondersteuning en hulpbronne te voorsien wat die voorsitter van só ’n kommissie redelikerwys mag versoek.

AfriForum moedig die publiek aan om dié saak te ondersteun: SMS jou naam en “Korrupsie” na 45352 (R1).

Monique Taute
Hoof: Teenkorrupsie-eenheid
AfriForum
Sel: 083 381 3502
Sel: monique@antiek.afriforum.co.za

Mariska Batt
Mediaskakelbeampte
AfriForum
Sel: 084 299 6928
E-pos: mariska@antiek.afriforum.co.za

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN