Header Artwork
Oudtshoorn sê NEE vir buitensporige munisipale verhogings

AfriForum se Oudtshoorn-tak en Oudtshoorn-inwoners sê NEE vir buitensporige verhogings van munisipale en belastingtariewe wat in die nuwe konsepbegroting vir die 2021/2022- finansiële jaar voorgestel word.

Ten spyte van ’n jaarlikse inflasiekoers van 3,2 % stel die munisipaliteit voor dat elektrisiteit met 14,59 % verhoog, eiendomsbelasting met 6%, watervoorsiening met 8%, sanitasiedienste met 8% en vullisverwydering met 9% – in die meeste gevalle dus dubbeld die inflasiekoers.

Ons eis ’n aangepaste begroting sonder verhogings wat die benarde ekonomiese posisie van Oudtshoorn se inwoners, ondernemings en landbousektore in ag neem eerder as om dit te vererger. Die munisipaliteit is op ’n selfvernietigingspad. Kom ons keer dit met daadwerklike aksie, wat met hierdie petisie begin.

#GenoegIsGenoeg

Onderteken die petisie hier onder om hierdie eis te ondersteun.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN