Header Artwork
Nóg getuies geroep in saak teen vermeende verkragter

AfriForum se privaatvevolgingseenheid het in die streekhof op Somerset-Oos vandag sy tweede getuie geroep in die vervolging van die vermeende verkragter Andile Memese.

Die privaatvervolgingseenheid onder leiding van adv.Gerrie Nel verteenwoordig die slagoffer Celeste Gouws. Gouws is in 2017 in haar eie huis verkrag ná sy vermoedelik bedwelm is. Die direkteur van Openbare Vervolgings in die Oos-Kaap het aanvanklik geweier om Memese, te vervolg, ten spyte van oorweldigende bewyse teen hom. AfriForum is van mening dat  die hantering van die saak tot op hede op politieke inmenging dui, aangesien Memese en sy familie politieke bande het.

Vroeër vandeesweek het Gouws getuig dat Memese herhaaldelik aangedring het dat sy saam met hom moet gaan bad. Die beeldmateriaal wys ook hoe Memese in ’n stadium sy eie glas met Gouws s’n ruil, waarna sy binne minute onstabiel begin raak.

Gouws het getuig dat sy uiteindelik ’n vriend moes kontak om haar te kom geselskap hou by die gastehuis wat sy bedryf het, omdat Memese nie sy onvanpaste gedrag wou staak nie. Nadat die vriend Memese uitgesien het, wys die beeldmateriaal hoe die beskuldigde minute later weer die huis binneglip en Gouws uiteindelik na haar slaapkamer dwing.

Vandag het Gouws se voormalige buurvrou, Marita de Lange, getuig. Sy het getuig hoe sy die aand van die voorval ’n vrou hoor huil het en ook kon hoor hoe die persoon aanhoudend vra dat dit moet ophou. De Lange het nie geweet wat om van die voorval te maak nie omdat die vorige inwoners glo baie raserig was. Sy het eers later uitgevind dat Gouws in die huis was en dié aand verkrag is.

“As mens kyk na die bewyse teen Memese en luister na die bloedstollende getuienis, dan is dit onverstaanbaar waarom die NVG geweier het om Memese te vervolg. Die enigste afleiding wat mens kan maak, is dat daar onvanpas by die saak ingemeng is om Memese te beskerm. Dit is genoeg om ’n mens woedend te maak” sê Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogtebestuurder.

Die saak is tot 25 Januarie 2022 uitgestel.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN