Header Artwork
Klerksdorp-inwoners vul self slaggate

Die AfriForum-tak in Klerksdorp het op 6 Februarie 2021 24 sakkies teer geskenk om lewensgevaarlike slaggate in Buffelsdoornweg te herstel. Met die baie reën die afgelope tyd het die strate net verder tot niet gegaan en van die slaggate het al ernstige ongelukke veroorsaak.

Lede van die AfriForum-buurtwag in Songloed, die Doringkruin-buurtwag en Action Force het Saterdag ten spyte van die reën slaggate herstel om die straat veiliger te maak. Alhoewel dit nie ideale weersomstandighede is om slaggate te herstel nie, kon hulle nie langer wag nie, weens die gevaar wat die slaggate inhou.

Frans Roos, voorsitter van die AfriForum-tak in Klerksdorp, doen ’n beroep op die Klerksdorp-gemeenskap om die buurtprojekte te ondersteun. “Ons sal graag ’n gemeenskapsforum in elke woonbuurt tot stand wil bring waar mense van verskillende instansies saam kan werk om die stad te verbeter,” sê Roos.

“Ek is baie bly dat die gemeenskap van Klerksdorp bereid is om self in te spring om die stad te verbeter. Baie van die strate is gevaarlik om in te ry as gevolg van die slaggate. Die gemeenskapsforums is ’n uitstekende idee, want dan kan elke inwoner sy eie buurt verbeter,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Skakel vir Frans Roos by 083 378 8826 vir meer inligting oor die gemeenskapsforums.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in mense se lewens te maak. Word deel van die oplossing: SMS “Klerksdorp” na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN