Header Artwork

 

Wat is Nasionale Gesondheidsversekering (NGV)?

Die NGV is ’n sentrale fonds wat die staat wil skep, wat deur die onderskeie provinsiale gesondheidsdepartemente uitgevoer sal word. Die NGV-program sal deur bykomende belastinggeld befonds word. Die publiek kan steeds aan hul eie mediese fonds behoort, maar sal nogtans verplig wees om maandeliks tot dié fonds by te dra en om ’n lid van die NGV te wees. Die staat sal ook van die dienste van privaat mediese fasiliteite gebruik maak en prysbeheer oor medisyne en dienste vasstel. Die staat sal in beheer wees van die hele gesondheidsektor en mediese behandeling.

AfriForum is sterk teen Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gekant en is van mening dat dit net nóg ’n onrealistiese en sosialistiese staatsprojek is wat die vryheid van die publiek (as gesondheidsorg­verbruikers), asook die vryheid van dokters en ander gesondheidspraktisyns (as die voorsieners van gesondheidsorg) sal inperk en uiteindelik sal vernietig.

AfriForum glo dat die NGV die privaatgesondheidsektor gaan vernietig en dat alle dienslewering tot op die vlak van ons huidige openbare gesondheidsektor verlaag sal word. Indien die staat die NGV implementeer, sal dit die privaatgesondheidsektor en mediese fondse uiteindelik vernietig deur dit onbekostigbaar vir lede van mediese fondse te maak om steeds daaraan te behoort. Dít sal beteken dat die middelklas uiteindelik weens bekostigbaarheidsredes aan swak staatsdienste uitgelewer sal wees.

Verder beskou AfriForum die NGV as ’n direkte aanval op die middelklas en op gehalte­mediesesorg in Suid-Afrika. Ons beskou dit ook as ’n desperate poging om vir die selfgeskepte gemors in die openbaregesondheidsorgsektor te probeer vergoed. Daar is ook te min belastingbetalers in die land om die NGV te befonds, en die ekonomie groei te stadig om die NGV volhoubaar te maak. As gevolg van ’n tekort aan medici, medisyne en mense om dit te befonds, gaan mediese sorg uiteindelik vir almal duurder wees.

Jy kan help! Moenie toelaat dat die staat beheer neem oor JOU geld en gesondheid nie. Stem teen die NGV! Lewer nou jou insette oor die NGV-fonds en jou kommentaar word direk by  dr. Anban Pillay, direkteur-generaal van gesondheid, (Privaat sak X 828, PRETORIA, 0001 of per e-pos by ) ingedien.

Oops! We could not locate your form.

 

Video’s:

Dr. Eugene Brink

Monique Taute

Blogs en Artikels:

Nasionale Gesondheidsverskering gaan die goue eiers vat tot die ganse wegvlieg

Wat die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering vir jóú beteken

Die NGV het nog nie gebeur nie. Skep dus moed en staan saam!

Nasionale gesondheidsversekering sal nie werk nie – hetsy die staat daarmee deurdruk of nie

Dié is die ‘gevaarlikste’ staatshospitaal in Gauteng

Nasionale Gesondheidsversekering ‘sal voortgaan’

Wat is die NGV?

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN