Header Artwork
Burgery moet druk volhou om onbillike inperkingsmaatreëls tot ’n einde te bring

Die burgerregteorganisasie AfriForum moedig burgerlike instellings aan om druk op die regering vol te hou om te verseker dat irrasionele maatreëls wat ekonomies en sosiaal vernietigend is, beëindig kan word. Die toenemende druk wat oor die afgelope paar dae deur die burgery uitgeoefen is, het bygedra tot die verslapping van inperkingsmaatreëls wat vanaand deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is. Dié aankondiging bevestig weer eens die belangrikheid van georganiseerde gemeenskappe om staatsmag te balanseer.

“Die bevestiging dat geen burger gedwing gaan word om die entstof te gebruik nie, is positief. Dat dit vir die president enigsins nodig is om so iets te sê, dui egter daarop dat vertroue in die regering tans op ’n laagtepunt is. Die totale gebrek aan enige aankondiging oor die vervolging van persone wat die pandemie misbruik het om korrupsie te pleeg, gaan hierdie wantroue slegs verdiep,” sê Barend Uys, hoof van navorsing by AfriForum.

AfriForum verwelkom die aanpassing van die aandklokreël wat dit vir restaurante meer lewensvatbaar sal maak om sake te doen. Die aankondiging dat alkohol weer deur restaurante, wynplase en mikrobrouerye verkoop kan word, sal ook help om te verhoed dat meer werksgeleenthede in dié bedrywe verlore gaan.

“’n Meer rasionele beleid, wat verseker dat meer werksgeleenthede in die privaat sektor nie verlore gaan nie, moet nou prioriteit wees,” sluit Uys af

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN