Header Artwork
#AnkerdorpPadskou skep hoop en snoer gemeenskappe saam

Lede van plaaslike AfriForum-takke en vrywilligers het die afgelope paar maande in agt dorpe en stede gespit en gegrawe, gras gesny, tuin gemaak, vullissakke met rommel gevul en stop- en padtekens geverf wat nuwe lewe aan hul omgewings gegee het.

AfriForum se #AnkerdorpPadskou-projek was ’n reusesukses wat hoop geskep en gemeenskappe nader aan mekaar gebring het. Die padskoue is in Pretoria, Rustenburg, George, Nelspruit, Tzaneen, Krugersdorp, Secunda en Bethlehem gehou.

Van die aksies was rondom omgewingsake, munisipale kwessies, gesondheids- en veiligheidsoudits, gemeenskapsveiligheid en jeugaangeleenthede.

Die dorpe is skoongemaak en daar is ook na bejaardes in ouetehuise en woonstelle uitgereik waar gemeenskapsale se vloere geteël en geisers herstel is. By skole is skouer aan die wiel gesit en opknappingswerk gedoen. Daar is ook opknappingswerk aan verskeie monumente en erfenisgebiede gedoen.

Tydens hierdie projek is gemeenskappe bemagtig om op te staan en self aan die werk te spring. Oral waar mense besluit het om self moue op te rol, het ’n gees van hoop vlamgevat en is gemeenskappe saamgesnoer deur die selfdoenaksies.

In van die dorpe het Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, ’n Quo vadis?-gespreksreeks aangebied wat gefokus het op onderwys, emigrasie en die toekoms van Afrikaners in die land.

 

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN