Header Artwork


AfriForum het gedurende Mei 2019 in George gewoeker tydens dié burgerregte-organisasie se #AnkerdorpPadskou. Verskeie aksies is suksesvol aangepak om die dorp op te hef en AfriForum se teenwoordigheid in die dorp op te skerp:

  • Water is by die Rosemoor-ouetehuis getoets, as deel van AfriForum se blou-en-groendruppelprojek.
  • ’n Skoonmaakaksie is in die omgewing rondom die Camfersdriftrivier, asook in Jan van Riebeeck-, Davidson- en Merrimanstraat langs die treinspoor gehou.
  • AfriForum se teenboelieveldtogspan en hul gelukbringer Matteus het op 27 Mei by die Laerskole Vorentoe, Blanco en George-Suid besoek afgelê.
  • AfriForum se gemeenskapsveiligheidspan het veiligheidsoudits by skole in George gedoen.
  • AfriVriendelik het ’n sakeontbyt aangebied met die oud-rugbyspeler en entrepreneur Kobus Wiese as gasspreker.
  • Die Groot Brakrivier-polisiestasie se tuin is opgeknap en skoongemaak.
  • Plaaslike ondernemings is vir middagete met pizza verras.

Die maand is op ’n hoogtepunt afgesluit met die Quo Vadis?-gesprek wat in die historiese Outeniqua Transportmuseum plaasgevind het. Ernst Roets (adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum) het met Kallie Kriel (uitvoerende hoof van AfriForum) en dr. Dirk Hermann (bestuurshoof van Solidariteit) gesels oor die belang van selfbeskikking en die beweging se visie vir gemeenskapsbetrokkenheid.

“Ons wil die inwoners van George graag bedank vir hul vriendelike ontvangs – dit is ’n voorreg om deel te wees van ’n gemeenskap wat selfdoen ondersteun. Sluit by ons aan en word die verskil wat jy in jou dorp wil sien,” sê Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.

AfriForum moedig gemeenskapslede aan om by die #AnkerdorpPadskou betrokke te raak. Besoek www.ankerdorp.co.za vir meer inligting oor die #AnkerdorpPadskou.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN