Header Artwork
AfriForum woeker met #AnkerdorpPadskou in Tzaneen

AfriForum se #AnkerdorpPadskou het Tzaneen in Julie 2019 besoek en verskeie projekte is aangepak om dié dorp en gemeenskap op te hef.

Die padskou het afgeskop met ’n massapatrollie deur die plaaslike buurtwag om sigbaarheid in die dorp te verhoog en misdaad te bekamp. AfriForum se Tzaneen- en Phalaborwa-buurtwagte het ook opleiding ontvang wat hulle bemagtig om hulself en die gemeenskap binne die raamwerk van die wet te kan beveilig.

Die Tzaneen-tak het vyf nuwe stoptekens vir die plaaslike verkeersdepartement geskenk. Verskeie straatnaamborde in die dorp ontbreek of is stukkend, en die tak het dus dié straatname op die randstene geverf. Die tak beoog om hierdie projek in samewerking met Jack’s Paint voort te sit en elke maand nóg straatname te verf, aangesien die plaaslike munisipaliteit nie die nodige fondse het om die borde te vervang nie.

Die Tzaneen-tak en lede van Tzaneen-wildbewaring het die Fanie Botha-dam op 20 Julie skoongemaak as deel van ’n omgewingsbewaringsaksie. Twintig sakke vullis is verwyder, asook ander groot voorwerpe soos motorbande.

Ander gemeenskapsprojekte is ook in Julie aangepak. Die begraafplaas in Koöperasiestraat is skoongemaak en ’n stuk veld langs die treinspoor in Modjadjiskloof is skoongemaak en ontbos. Laasgenoemde is deur die gemeenskap as ’n veiligheidsrisiko geïdentifiseer omdat misdadigers daar wegkruip. Dié skoonmaakaksies vorm ook deel van ’n volhoubaarheidsplan om die gemeenskap te beveilig en die dorp te verfraai.

“Dit is vir ons belangrik dat Tzaneen-inwoners kan sien hoe AfriForum in hul dorp betrokke is en graag alternatiewe wil skep waar dienslewering ontbreek. Ons wil aan ons gemeenskap bewys dat selfdoen ’n opsie is,” sê Pieter Venter, voorsitter van die Tzaneen-tak.

 

“Hierdie veldtog is ’n bewys dat selfdoenaksies tot voordeel van die hele gemeenskap strek. Ons wil graag die taklede bedank vir hul positiewe gesindheid en bereidwilligheid om deel te neem. Ons wil ook Tzaneen se inwoners aanmoedig om in die toekoms by AfriForum se inisiatiewe en projekte betrokke te raak,” sê David Rule, AfriForum se assistentkoördineerder vir Limpopo.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en wees deel van die verskil: SMS “Tzaneen” na 45341 (R1). Besoek www.ankerdorp.co.za vir meer inligting oor AfriForum se #AnkerdorpPadskou-veldtog.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN