Header Artwork
AfriForum werskaf in Bethlehem tydens die #AnkerdorpPadskou-veldtog

Die burgerregteorganisasie AfriForum se #AnkerdorpPadskou-veldtog in Bethlehem het ná drie aktiewe weke se betrokkenheid in dié dorp afgesluit.

Die Bethlehem-tak het ingespring om veiligheid by die Sonskyn-dienssentrum te verbeter en instandhouding te doen. Die tak het handrelings in die badkamers van verskeie wonings op die perseel geïnstalleer vir die bejaardes se veiligheid, terwyl 18 stortkoppe ook vervang is. Die tak het verder ’n goedvoelaksie vir die inwoners van die Eike- en Sonskyn-dienssentrum gehou waartydens boereworsrolle aan inwoners uitgedeel is.

Die tak het ook tydens die veldtog 12 bome aan die Maluti Hooglandskool geskenk en die ingang van die Charlotte Theron-kinderhuis opgeknap. Die gras van die parkie naby die Laerskool Truida Kestell is gesny en vullis is ook by dié parkie opgetel.

Verder het die tak ’n instandhoudingsprojek by die Bethlehem Museum aangepak deur die vensterrame van die museum en waenhuis af te skuur en te behandel. Die Bethlehem-tak het ook ’n skenking aan die museum gemaak. Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, het tydens die Quo Vadis?-gesprek met Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, en Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid, by die museum oor veiligheid gesels.

“Ons wil graag die gemeenskap bedank vir al hul ondersteuning en hulp tydens hierdie veldtog. Die tak sal voortgaan om volhoubare aksies in die dorp aan te pak en om die omgewing te verbeter. Ons wil graag ’n blywende verskil in die gemeenskap maak en moedig die gemeenskap aan om by AfriForum aan te sluit en meer betrokke te raak by die tak,” sê Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

Kyk hier na die oorsig van November se #AnkerdorpPadskou-veldtog.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN