Header Artwork

AfriForum skep regsfonds om munisipaliteite en Nersa verantwoordbaar te hou vir Eskom-skuld

AfriForum het ‘n uitgebreide strategie bekend gestel rakende die meer as R10,2 miljard se Eskom-skuld wat onskuldige Suid-Afrikaanse burgers benadeel.

AfriForum volg ’n tweeledige strategie, waarvan die eerste gemeenskapsmobilisering insluit deur die aanmoediging van landswye protes, asook die rig van petisies aan elke munisipale raad se speaker. Die tweede is ’n regstrategie waarby die burgerregtewaghond meer druk op Nersa plaas om sy verpligtinge kragtens wetgewing uit te voer.Howe sal ook genader word ten opsigte van die beskerming van die publiek se grondwetlike regte.

Hiervoor skep AfriForum ’n regsfonds waarby gewone landsburgers ook hulle bydrae kan lewer om ’n verskil te maak en munisipale amptenare tot verantwoordbaarheid roep. AfriForum het reeds byna R1 miljoen spandeer aan die regstryd en gaan afhanklik wees van elke Suid-Afrikaner se hulp om hierdie stryd verder te kan voer.

Lede van die publiek kan AfriForum help deur die woord “Eskom” te SMS na 38310 en dan sodoende R10 tot die regsfonds te skenk.

Alternatiewelik kan ’n direkte finansiële bydrae gemaak word deur ‘n e-pos te stuur na eskom@antiek.afriforum.co.za

 

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN