Header Artwork
AfriForum-tak in Parys pak talle projekte in Februarie aan

AfriForum se Parys-tak was baie bedrywig in Februarie en het benewens die talle slaggate wat hulle veral rondom die skole herstel het, ook vier stoptekens opgerig waar die tekens weg of onsigbaar was. ’n Ongeluk het op die hoek van Boom- en Van Collerstraat plaasgevind omdat daar nie ’n stopteken was nie. Die AfriForum-span het egter dadelik ’n nuwe stopteken daar opgerig om ander motoriste se veiligheid te verseker.

Die tak werk ook aktief saam met die Parys Selfdoen-groep wat baie opruimingswerk in die dorp doen. Die tak werk veral saam om die area by die verkeerslig vanaf Potchefstroom by die spruit op te ruim en werk elke tweede Saterdag daar.

“Die Parys-gemeenskap maak reeds ’n daadwerklike verskil in die dorp wat so vervalle is. Dit is baie belangrik dat elke inwoner wat nie tevrede is met die toestand van die dorp nie, betrokke raak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Parys” na 31481 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN