Header Artwork


AfriForum het op 26 Februarie 2019 die #AnkerdorpPadskou by ’n massiewe veld op die hoek van De Villebois Mareuilrylaan en Delmasweg in Moreletapark voortgesit.

As deel van die eerste fase van dié Moreletapark-skoonmaakaksie is rommel in die veld opgetel, gras is gesny en bosse is verwyder om te verhoed dat sluipslapers daar kan wegkruip. Sowat 200 vullissakke vol rommel en vullis is uiteindelik verwyder. Die tweede fase van dié aksie sal in Maart voortgaan.

“AfriForum se handelsmerk binne Pretoria bevestig die ankerstrategie van die Solidariteit Beweging vir 2019 – #SkepHoop. Die Moreletapark-aksie vorm deel van verskeie aksies wat deur die loop van die week gaan plaasvind, waarmee AfriForum beplan om die stad oranje te verf. As jy ons opmerk, knoop gerus ’n geselsie aan oor wat ons nog alles beplan,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

AfriForum moedig gemeenskapslede aan om betrokke te raak by inisiatiewe wat na hul behoeftes omsien. Vir meer inligting oor die #AnkerdorpPadskou, besoek gerus die webtuiste by www.ankerdorp.co.za.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN