Header Artwork
AfriForum se Westonaria-tak skenk gloeilampe aan Rand West City Plaaslike Munisipaliteit

AfriForum se Westonaria-tak het onlangs altesaam 50 gloeilampe vir straatligte geskenk aan die Rand West City Plaaslike Munisipaliteit. Die plaaslike munisipaliteit het nie fondse gehad om die gloeilampe aan te koop nie.

Weens die tekort aan gloeilampe was die strate in die Westonaria-gebied pikdonker wat misdaad laat toegeneem het. Dié tak het besluit om in te gryp om sodoende misdaad te bekamp.

Vogens Esther Swart, voorsitter van AfriForum se Westonaria-tak, is dit noodsaaklik om saam met die munisipaliteit se elektriese departement te werk. “Samewerking tussen ons tak en die munisipaliteit het deur die jare verbeter en ons is dankbaar dat hierdie departement altyd bereid is om ons tak ook by te staan.

Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand, sê dit is belangrik dat munisipaliteite AfriForum nie as die vyand beskou nie, maar eerder as ’n vennoot om die omgewing en samelewing vir almal te verbeter.

Maak vandag nog ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap deur by AfriForum aan te sluit. SMS jou naam na 45342 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN