Header Artwork
AfriForum se Upington-tak maak middedorp skoon

Die AfriForum-tak in Upington het op 2 en 3 Maart 2021 die middedorp skoongemaak in samewerking met Fit It en ander rolspelers. Dit volg nadat verskeie gemeenskapslede gekla het oor die toestand van die dorp omdat die munisipaliteit versuim om die gebied skoon te maak.

Die tak het skoongemaak rondom die Kalahari-winkelsentrum, die Laerskool Oranje-Noord en die Hoërskool Duineveld. Verder is daar skoongemaak in Malherbestraat waar die gras op die middelmanne ook gesny is.

“Ons wil ’n verskil maak in ons dorp. Elke persoon wat hier bly het die reg om in ’n skoon en veilige dorp te bly,” sê Erica Strauss, voorsitter van AfriForum se tak in Upington.

Die tak het Fit It Upington en die ander rolspelers bedank vir hulle bydrae in dié dorp. “Ons wil ook vir al die inwoners bedank wat koeldrank by almal afgelewer het,” sê Strauss.

Strauss sê die tak daag die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit uit om die res van die dorp skoon te maak en skoon te hou.

Maak vandag nog ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap. Sluit by jou plaaslike AfriForum-tak aan: SMS jou naam na 32532 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN