Header Artwork
AfriForum se Teks-buurtwag ontvang noodhulpopleiding

Lede van AfriForum se Teks-buurtwag in Secunda het op 20 April 2021 hulle noodhulpsertifikate (vlak 1 tot 3) ontvang.

Altesaam 20 buurtwaglede het die kursus bygewoon wat die volgende onderwerpe insluit: KPR, brandwonde, verskillende breuke, asook hoe om noodhulp toe te pas met dit wat tot jou beskikking is om sodoende ’n lewe te red of verdere beserings te voorkom.

“Hierdie opleiding is belangrik om doeltreffend hulp aan die gemeenskap te verleen tydens ’n noodsituasie. Ons wil graag uitreik na die gemeenskap om hulle by te staan tydens nood,” sê Dawie de Villiers, leier van AfriForum se Teks-buurtwag.

“Iets wat my baie na aan die hart lê is om mense wat direk met die gemeenskap werk en gereeld na noodsituasies ontbied word, toe te rus met die nodige noodhulpvaardighede wat ’n lewe kan red. Daarom is dit vir ons belangrik dat ons buurtwaglede hierdie opleiding ontvang en gesertifiseer is om hulle nuwe vaardighede in die praktyk toe te pas,” sê Bronwen Pretorius,  AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Raak vandag nog by AfriForum se Teks-buurtwag betrokke: SMS “Secunda” na 45353 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN