Header Artwork
AfriForum se Brits-tak en Helpende Hand plant bome en knap skool op   

Die AfriForum-tak in Brits het op 4 September deelgeneem aan Projek Hoop van Solidariteit Helpende Hand se Soetdoring-tak. Dié projek behels onder andere die opknapping van Laerskool Geluk en om ’n gemeenskapsentrum op hierdie perseel te vestig.

Die gemeenskapsentrum sal aangewend word vir lede van die gemeenskap om verskillende vaardighede te ontwikkel. AfriForum-taklede het verder een van die klaskamers opgeruim en oorgeverf. As deel van AfriForum se jaarlikse boomplantmaand is daar ook tien vrugtebome op die perseel geplant.

“Die dag was ’n reusesukses en dit is vir ons as AfriForum-tak ’n groot voorreg om hande te vat met ander organisasies binne die Solidariteit Beweging. Die tyd om saam te staan, is nou; ons is verantwoordelik vir die voortbestaan van ons eie gemeenskappe. Baie dankie aan elke gemeenskapslid wat kom help het met die projek. Ons hoop werklik dat dié sentrum ’n baken van hoop sal wees vir die mense van Brits,” sê Werner Claassen, voorsitter van AfriForum se Brits-tak.

“’n Lang pad van herstel lê nog vir ons voor maar ons droom saam om hierdie sentrum van hoop ’n realiteit te maak, sodat vaardigheidsontwikkeling aangebied kan word en ons die gemeenskap kan herstel,” sê Willemien Barnard, plaaslikeregeringsbeampte van AfriForum se Brits-tak.

“’n Woord van dank gaan aan Three Bushcuteers en Pleasureplant wat vir ons die bome geskenk het vir hierdie projek. Vanjaar wil ons ook ons gemeenskapslede aanmoedig om – buiten die bome wat ons takke op grootmaat gaan plant – steeds bome by hul huise, skole, kerke, gemeenskapsentrums en ouetehuise te plant,” sê Rudi Bosch, omgewingsakebeampte van AfriForum se Brits-tak.

Raak vandag nog betrokke by AfriForum se Brits-tak deur die woord “Brits” te SMS na 45344 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN