Header Artwork
AfriForum se Bethlehem-buurtwag help met noodlanding

Die AfriForum-buurtwag in Bethlehem het op 14 Januarie 2021 tydens beurtkrag op ’n noodroep gereageer om te help met ’n noodlanding van ’n vliegtuig in Bethlehem.

Die buurtwag was binne minute nadat die oproep ontvang is op die landingstrook om die aanloopbaan te verlig en om ’n veilige landing moontlik te maak. Die vlieënier het veilig geland waarna die buurtwag haar gehelp het met vervoer, verblyf, kos en ander benodigdhede.

Volgens Johan Steyn, AfriForum se takvoorsitter in Bethlehem, was die spoedige reaksie moontlik gemaak deur doeltreffende kommunikasie tussen die buurtwaglede. “Die aktivering en reaksietyd van ons buurtwaglede deur middel van ons radiostelsel was besonders vinnig en noemenswaardig. Dit is gerusstellend om te weet dat ons buurtwag vinnig kan reageer in tye van nood,” sê Steyn.

“Sonder die radiostelsel sou die vinnige reaksie nie moontlik gewees het nie. Dit is belangrik dat ons buurtwaglede met mekaar kan kommunikeer en hier kan ons sien hoe noodsaaklik effektiewe kommunikasie is,” sê Chris Morgan, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

“Ons moedig die gemeenskap aan om by ons strukture betrokke te raak en so ’n daadwerklike verskil te maak. Veiligheid is vir ons ’n prioriteit en daarom wil ons die gemeenskap ook uitnooi om by ons buurtwag betrokke te raak,” voeg Morgan by.

Maak ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap en sluit by jou naaste AfriForum-buurtwag aan: SMS “Buurtwag” na 31481 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN