Header Artwork
AfriForum nader die hof oor waterkrisis

AfriForum het sy regspan opdrag gegee om die hof dringend te nader om die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit te verplig om waterdienste in Delareyville te herstel. Die Delareyville-gemeenskap sit al agt dae lank sonder water.

Waterprobleme in Delareyville is nie ongewoon nie en sowel inwoners as plaaslike ondernemings ly erge skade. Hoewel die waterkrisis in Delareyville al verskeie kere die nasionale nuus gehaal het, is dit nog nooit deur die munisipaliteit opgelos nie. Buiten die feit dat toegang tot drinkwater ’n grondwetlike reg is, is die land ook in die middel van ’n pandemie wat veral deur goeie persoonlike higiëne beveg kan word.

“Dit is onaanvaarbaar dat die inwoners van Delareyville vir meer as agt dae lank sonder water sit, terwyl die munisipaliteit tjoepstil is. AfriForum nader die hof om te verseker dat die munisipaliteit sy verantwoordelikheid nakom en sodat die dorp weer kan water kry. Ons eis dat die munisipaliteit AfriForum van hul aksieplan in kennis te stel om die waterkrisis in Delareyville vir goed op te los,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

“Ons gemeenskap is moeg gesmeek en moeg gewag op oplossings vir die voortslepende waterkrisis op Delareyville. Ondernemings in die dorp verloor inkomste én kliënte weens die aanhoudende waterprobleem,” sê Rassie Taljaard, voorsitter van AfriForum se Delareyville-tak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN