Header Artwork
AfriForum Jeug se Ellisras-tak staan plaasgemeenskap by tydens vloed   

AfriForum Jeug se Ellisras-tak het op 7 Februarie in samewerking met die AfriForum-tak in Ellisras en ander gemeenskapslede gehelp om kospakkies na mense in dié gebied te neem wat deur vloedwater vasgekeer was.

Die AfriForum-tak het kos – wat deur gemeenskapslede aangekoop is – heen en weer op ’n rubberbootjie vervoer aangesien die stroom te sterk was om daardeur te loop. Planne is ook beraam om te help om die paaie te herstel sodra die reënseisoen verby is.

“In hierdie stadium is daar talle riviere hier by ons wat sterk vloei weens die baie reën – Poer se Loop, die Magolrivier en die Tambotierivier,” sê MariLouise Turnbull, voorsitter van die AfriForum Jeug-tak in Ellisras.

Raak vandag nog by AfriForum se jeugstrukture in jou gemeenskap betrokke en help sodoende om ’n verskil te maak: Stuur ’n e-pos na petri.vanderwalt@antiek.afriforum.co.za of SMS “Jeug” na 32687 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN