Header Artwork
AfriForum en Solidariteit gaan voort met litigasie na vergadering met departement van toerisme

AfriForum en Solidariteit het vandag aangekondig dat hulle voortgaan met hul beplande litigasie in verband met die Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF). Dit volg nadat ʼn vergadering tussen die organisasies en die departement geen vrugte afgewerp het nie.

AfriForum en Solidariteit voer aan dat die departement duidelik nooit die bedoeling gehad het om werklik in gesprek te tree en idees uit te ruil nie; inteendeel, die departement wou eintlik net sy eie standpunt  verdedig.

“Daar is geen toegewings gemaak of enigsins voorgehou van hulle kant af nie. Nadat ons tallose voorstelle en verskeie uiteensettings oor die gevolge en implikasies van hul optrede aan hulle voorgelê het, het hulle bloot net hul aanvanklike posisie bekragtig en ons motiewe bevraagteken,” verduidelik Morné Malan, kommunikasiehoof van Solidariteit.

Die organisasies sê dat die departement die vergadering in kwade trou opgestel en bestuur het. Gevolglik is litigasie nou onafwendbaar, volgens AfriForum en Solidariteit.

“Dit was taamlik vroeg in die gesprek pynlik duidelik dat die departement nie deur enige feite of beredenering geswaai kon word nie. Die departement was vasberade om voort te gaan op die ingeslane weg ongeag wat die gevolge daarvan sou wees,” sê Malan.

“Dit is duidelik dat die minister van toerisme nie die belange van al die verskillende gemeenskappe op die hart dra nie. In plaas daarvan dat haar departement ʼn hand uitreik na besighede wat sukkel, misbruik die departement nou die situasie deur dit as geleentheid te gebruik om sy rasgedrewe doelstellings te bevorder,” sê Monique Taute, hoof van Veldtogte by AfriForum.

“Toerisme-ondernemings wat deur lede van minderheidsgemeenskappe besit word het, net soos alle ander klein toerisme-ondernemings, dringend hulp nodig. Talle ondernemings moes al hul deure sluit ná die regering se streng Covid-19-beperkings. Dit immoreel van die regering om nou reddingsboeie te gebruik om die mense op die wal te help, terwyl duisende ander besig is om te verdrink,” sluit Taute af.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN