Header Artwork
AfriForum betreur afsterwe van koning Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu

Die burgerregteorganisasie AfriForum het met groot hartseer kennis geneem van die afsterwe van Sy Majesteit Koning Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu. AfriForum dra sy innige meegevoel oor aan die Zoeloe koninklike familie, asook die Zoeloevolk. Ons dra hulle in ons gebede op in hierdie tyd van rou.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en die organisasie sal koning Zwelithini veral onthou as ’n brugbouer wat verhoudinge tussen kultuurgemeenskappe bevorder het. ’n Voorbeeld hiervan is, volgens Kriel, die wyse waarop koning Zwelithini ’n hand van vriendskap aan AfriForum en Afrikaners oor die algemeen uitgesteek het. Hy het graag vertel van die goeie verhouding tussen sy oupagrootjie koning kaDinuzulu en die Afrikaners en dat hy dit wou hernu. “Dit was vir AfriForum ’n voorreg om die afgelope paar jaar in noue kontak met koning Zwelithini te kom en dit was vir ons ’n voorreg om ’n man van sy statuur te ken. Sy afsterwe laat ’n groot leemte in die bou van kulturele verhoudinge tussen Afrikaners en Zoeloes. Ons gaan koning Zwelithini mis.”

“Koning Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu was ’n ware leier en vader vir die Zoeloevolk. Hy was ’n toonbeeld van integriteit en ’n toegewyde Christen. Hy het sonder skroom in belang van sy kultuurgemeenskap en gemeenskappe oor die algemeen opgetree. Hy het wedersydse erkenning en respek uitgeleef. Hy was ’n toegewyde beskermer van kulturele identiteit, gebruike en tradisie. Die verhaal van koning Zwelithini gaan vir die toekomstige geslagte in Afrika vertel word. Hy het sy voorvaders se nalatenskap geëer en ons eer sy nagedagtenis,” sê Barend Uys, hoof van interkulturele samewerking by AfriForum.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN