Header Artwork

Veiligheid

Veiligheid is een van die mens se basiese behoeftes, maar ongelukkig nie iets wat vanself kom nie. AfriForum help jou om veiligheid in en om jou huis, woonbuurt en gemeenskap te vestig deur middel van verskeie projekte, produkte en dienste.

Trauma-eenheid

AfriForum se traumaslagofferondersteuningseenheid is in 2015 gestig en lewer ’n baie unieke, persoonlike diens aan slagoffers van geweldsmisdaad, veral slagoffers van plaasaanvalle.

Kontaksessies met slagoffers is van kritieke belang en daarom staan lede van dié eenheid slagoffers landwyd in plaasaanvalle by en bied emosionele en praktiese ondersteuning en bystand aan sowel slagoffers as hul gesinne. Traumaslagofferondersteuningsbeamptes reis na slagoffers en maak seker dat hulle in ’n veilige en beskermde omgewing berading ontvang. Berading help om die traumatiese impak en skok van die misdaad te help verlig, asook om sekondêre viktimisasie te voorkom en simptome van posttraumatiese stres by die slagoffer te identifiseer.

Beamptes wat voorheen by die SAPD werksaam was, gebruik hul vaardighede om te help om slagoffers se beëdigde verklarings in hul voorkeurtaal af te neem voordat dié verklarings vir verdere ondersoek by die SAPD ingedien word. Hulle vergesel slagoffers ook na uitkenningsparades en help om slagoffers op hofsake voor te berei. Boonop skakel dié beamptes ook met die SAPD-ondersoekbeamptes om vordering in die ondersoeke te verseker.

Traumaslagofferondersteuningsbeamptes fokus op respekvolle en empatiese hulpverlening aan misdaad slagoffers aangesien die slagoffers reeds aan geweldige trauma blootgestel is. Hulle lig slagoffers oor hul persoonlike veiligheid, grondwetlike regte en ondersoek- en hofprosedure in.

Die eenheid is tans besig met ’n nuwe opleidingsprojek en besig om opleidingsmateriaal te skryf, waarna kursusse aan vrywilligers en plaaswagte aangebied gaan word, asook aan mense wat by veiligheidsprojekte betrokke wil raak om slagoffers onmiddellik by te staan. Dit is belangrik om netwerke vir traumaslagoffers op grondvlak te skep omdat die eenheid se beamptes nie oral kan wees nie en ’n onmiddellike diens aan slagoffers die beste uitkoms verseker.

Daar word ’n pad met elke slagoffer gestap om hierdie moeilike gebeurtenisse te verwerk en weer die stukke van hul lewens bymekaar te probeer sit. Elke slagoffer is uniek en daar word met elke slagoffer ’n pad volgens die slagoffer se behoeftes gestap. Indien nodig, word die slagoffer vir professionele konsultering verwys.

Stuur ’n e-pos na trauma@antiek.afriforum.co.za indien jy meer inligting oor dié eenheid verlang of traumaverwante navrae het.

Mediaverklarings

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN