Header Artwork
5G-regulasies

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag kommentaar teen die konsepbeleid en ‑beleidsaanwysing oor die snel ontplooiing van elektroniese kommunikasienetwerke en ‑fasiliteite (die sogenaamde 5G-beleid) by die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologie ingedien. Volgens AfriForum bevat dié konsepbeleid verskeie kommerwekkende bepalings wat onder meer inbreuk maak op eiendomsreg en bepaalde veiligheidsrisiko’s vir grondeienaars inhou.

AfriForum dui in sy kommentaar aan dat dié organisasie op geen wyse gekant is teen tegnologiese vooruitgang nie, maar dat dié vooruitgang wel op ’n verantwoordelike en grondwetlike wyse moet geskied sonder om mense se fundamentele regte te skend.

Die beleid bepaal byvoorbeeld dat die installering van 5G-toerusting sonder grondeienaars se toestemming gedoen mag word. Boonop sal persone wat hierdie toerusting moet oprig – wat maste, torings en optiese vesel sowel op pale as in ondergrondse kanale insluit – toegang tot eiendom hê met of sonder die eienaar van daardie eiendom se toestemming om dié toerusting uit te lê en op te rig. Installeerders hoef volgens die beleid slegs redelike kennis aan grondeienaars te gee dat hulle dié 5G-toerusting gaan installeer. Die eienaar van die grond waarop die toerusting aangebring word, sal ook nie noodwendig geregtig wees op vergoeding nie.

Volgens die 5G-beleid hoef die regering voorts nie ’n serwituut teen die titelakte van die eiendom vir die installasie en oprigting van die bogemelde te registreer nie, maar slegs ’n gebruiksreg by die nodige owerhede.

“Een van die grootste bekommernisse wat ons met die 5G-beleid in sy huidige formaat het, is dat dit grondeienaars aan verskeie gevare blootstel. Eerstens word daar inbreuk gemaak op mense se eiendomsreg. Tweedens kan die regering (gegewe die uitermatige hoë misdaadsyfer) nie verwag dat grondeienaars bloot per kennisgewing ingelig word dat vreemdelinge hul grond gaan betree nie,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir Gemeenskapsveiligheid.

Indien jy hierdie beleid saam met AfriForum will teen staan voltooi die onderstaande form.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN